Entertainment

Nege dood in gru-ongeluk buite Walkerville

Nege mense is vanoggend in minibus-ongeluk dood op die R82 tussen Aloe Ridgeweg en Grasmereweg naby Walkerville.

Die bestuurder van die minibus het vermoedelik beheer oor die voertuig verloor en is ‘n beton busstop vasgery.

Volgens Chris Botha, woordvoerder vir Netcare 911, het paramedici op die toneel aangekom en gesien die minibus is uitmekaar geskeur, wrakstukke van die ongeluk en beseerde pendelaars was oor ’n groot area gestrooi.

Nege mense is op die toneel dood verklaar, twee in ‘n kritieke toestand hospitaal toe geneem en vier ander het ernstige beserings opgedoen.

Al die oorlewendes is gestabiliseer en vir verdere behandeling na hospitale geneem.

Midvaal Brandweer is ook na die toneel ontbied.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

 

Paramedici staan gereed om beseerdes na die hospitaal te vervoer..

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Back to top button