CommunityEntertainmentLifestyleLocal newsNews

Charity Run Sondag by Riverside Boulevard Centre

Mattress Medi Centre in samewerking met die Centurions Motorfietsklub hou op Sondag 30 Julie vanaf 09:00 tot 13:00 ‘n “charity run” vir minderbevoorregtes.

 

VANDERBIJLPARK. – Mattress Medi Centre in samewerking met die Centurions Motorfietsklub hou op Sondag 30 Julie vanaf 09:00 tot 13:00 ‘n “charity run” vir minderbevoorregtes.Dit vind plaas by die Riverside Boulevard Centre by Checkers in die gat.
Die eerste 50 persone wat inkom ontvang ‘n lapelwapen.
Daar gaan baie spesiale aanbiedinge en lewendige vermaak wees, en gelukstrekkings sal deur die loop van die dag gehou word.
Koop ‘n R5 kaartjie en staan ‘n kans om ‘n “queen siz”e bed te wen.
Enige nie-bederfbare voedsel is welkom. Bring gerus sulke skenkings vir mense wat swaarkry.
Alle fondse gaan na welsynsinstansies om hulle te help om krag aan te koop.
FOTO’S: Pret by verlede jaar se Charity Run

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button