Valiessss geniet reptielvertoning in Vanderbijlpark
Bykans almal teenwoordig het nie die kans laat verbygaan om die reptiele van nader te beskou en selfs aan hulle te vat nie.
VANDERBIJLPARK – Dat reptiele gewild en toenemend gesog as troeteldiere in Suid-Afrika is, is Saterdag weer bewys tydens ‘n reptielvertoning by ‘n plaaslike kwekery.
Jong toeskouers het die vertoning met stralende gesigte geniet en selfs die volwassenes kon nie hul oë van die fassinerende kreatuurtjies afhou nie.
Marlize van der Westhuizen en haar twee helpers (haar dogter Anuschca Slabbert en Chadri Erasmus) het sowat 20 verskillende reptielspesies ten toon gestel.
Die kinders was veral gaande oor die krokodille en die verkleurmannetjies.
Hoewel verkleurmannetjies ook onder Marlize se gunstelinge tel, het die grootste reptiel van die dag, die reuse-Boa Constrictor genaamd Lilly ’n baie spesiale plek in haar hart.
“Sy is so liefdevol en geniet die aandag tydens vertonings terdeë. Ek dink sy hou daarvan om die middelspunt van belangstelling te wees,” het Marlize skertsend gesê.
Maar om reptiele as troeteldiere aan te hou, verg kennis en in sommige gevalle word permitte vereis.

Natuurbewaringswette
In Suid-Afrika word die aanhouding van reptiele streng deur provinsiale natuurbewaringswette gereguleer.
Inheemse spesies
Dit is onwettig om inheemse Suid-Afrikaanse reptiele (soos plaaslike slange, goggas of skilpadde) uit die natuur te vang of sonder spesifieke natuurbewaringspermitte aan te hou.
Uitheemse (eksotiese) spesies
Die meeste algemene troeteldier-reptiele (soos baarddraskens, luiperdgeko’s en koring-slange) is eksoties. Regulasies verskil per provinsie.
In sommige provinsies het jy ‘n permit nodig om eksotiese slange te vervoer of aan te hou. In ander provinsies is sekere spesies heeltemal verbode as hulle as indringers beskou word.



