EntertainmentLifestyleLocal newsNews

90.6 FM vier 22 jaar op die lug

“Na 22 jaar op die lug, sien ons uit daarna om nog vir jare vorentoe luisteraars te vermaak" - Stasiebestuurder

 
“Na 22 jaar op die lug, sien ons uit daarna om nog vir jare vorentoe luisteraars te vermaak, in te lig en ‘n positiewe bydrae te maak tot die ekonomie van die Vaal.”

Só sê mnr. Gilbert Antunes, stasiebestuurder van 90.6 VCR FM (Vaal Community Radio), wat in Augustus 22 jaar se uitsending gevier het.

90.6 VCR FM het op 1 Augustus 1995 begin uitsaai en die stasie groei jaarliks met ‘n konstante toename in luisteraars. 90.6 FM het ook, om in pas te bly met veranderende tegnologie, sy uitsaaiformaat en programmering gereeld verander om aan te pas by die veranderende keuses en voorkeure van luisteraars.

“Die stasie is deurentyd betrokke by verskeie gemeenskaps- en welsynsorganisasies in en om die Vaal, soos ons daarna strewe om ‘n verskil te maak in die lewe van minderbevoorregtes.

“Tesame hiermee saai ons daagliks werksgeleenthede uit om só die Vaaldriehoek te help groei en uitbrei. Ons glo dat ons luisteraars trots is op hul radiostasie en sy prestasies oor die afgelope 22 jaar,” sê Antunes.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button