EntertainmentEventsLifestyleLocal newsNews

NG Welsyn se hengelwedstryd ‘n groot sukses

NG Welsyn Meyerton en Vanderbijlpark het op 30 September ‘n genotvolle hengelkompetisie ten bate van die twee kantore by die Vaaldam aangebied

 

Die personeel van NG Welsyn in dié twee dorpe bedank graag al die deelnemers en sê hartlik geluk aan die pryswenners van die dag. Hulle bedank ook graag die Van der Walt-familie van die plaas Wilgedraai in Oranjeville vir hul ondersteuning en die beskikbaarstelling van hul plaas, asook vir die skenking van pryse.

“Ons bedank ook graag die donateurs wat geldelike skenkings gemaak het, sowel as die radiostasies IFM, VCR en RSG, en die koerante Ster en Vaalweekblad as mediaborge, asook vrywilligers vir hul tyd en hulp,” sê die organiseerders.

Die volgende ondernemings word bedank vir die donasies wat hulle vir die kompetisie gemaak het:

Visvang Paradys, Carp Fanatic Fishing Tackle, Zack’s Fishing Tackle, SW5 Hardeware and Fishing Tackle, Butcher Boyz en Triptiek Slaghuis in Vanderbijlpark, asook Irish Harp Restaurant in Meyerton en Fisherman’s Grill in Vanderbijlpark, Future Carwash en Elite Rentals in Vanderbijlpark en die Barnyard Teater in Rivonia.

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button