EntertainmentEventsLifestyleLocal newsNews

Almal welkom by unieke kunsuitstalling

Alle kunstenaars wat skilder of beeldhouwerk doen, word genooi om deel te neem

 
VANDERBIJLPARK. – Alle kunstenaars wat skilder of beeldhouwerk doen, word genooi om deel te neem aan ‘n kunsuitstalling wat op Donderdag en Vrydag 16 en 17 November by Quest Conference Estate in Curie-boulevard plaasvind.

Kunswerke van ‘n verskeidenheid bekende kunstenaars sal te sien wees. Die uitstalling sal vanaf 10:00 tot 19:00 op die twee dae oop wees vir die publiek. Die begaafde skilder, Lezelda Lubbe van Bloemhof, wat in die Vaaldriehoek gebore is en grootgeword het, is onder die uitgelese kunstenaars wat by die uitstalling teenwoordig gaan wees.

Lezelda is op 29 Oktober 1970 sonder arms en met onderontwikkelde bene in Vanderbijlpark gebore. Sy het op driejarige ouderdom aan die Hope-skool begin skoolgaan en haar opleiding in 1988 voltooi. Sy is  vandag een van 20 uitgesoekte kunstenaars wat aan die Vereniging van Mond- en Voetskilders behoort en sal demonstrasies tydens die uitstalling lewer.

Skakel Hannelli Kruger by 074 706 2698 vir meer inligting of stuur ‘n e-pos na hannelli@inhisfootprints.co.za of na kotie@inhisfootprints.co.za

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button