EntertainmentEventsLifestyleLocal newsNews

Ou skoolmaats ontmoet weer na 55 jaar

Die 1962-matriekklas van die Hoërskool Vereeniging het onlangs 'n plesierige 55ste reünie gehou

 

Die 1962-matriekklas van die Hoërskool Vereeniging het onlangs ‘n plesierige 55ste reünie by Kiepersol Wedding Village naby Parys gehou en ou vriendskappe blinkgepoets. Van die ou skoolmaats het van so ver as Mosselbaai, Pretoria, Nylstroom, Klerksdorp, Knysna, Vanderbijlpark, Kemptonpark, Wakkerstroom en Johannesburg gekom. Onder die teenwoordiges was (agterste ry van links): Jacob Nel, Johan Griesel, Jan van den Berg en John Pretorius. Middelste ry: Eshter Nel, Magda Griesel, Lynn van den Berg, Elsie Liebenberg, Martie Pretorius, Francois Kemp, Gerhard Smit, Elize de Bruyn, Chris de Bruyn en Deneys Els. Voor van links is Annette Combrinck, Johannes Liebenberg, Thelma Kruger, Lydia Kemp, Lanette Smit en Corina Els. Nie op die foto nie: Chris Beukes, Len du Toit, Koos en Ina Venter, Maryna en Carl Roos, en Cynthia en Kobus Pienaar.

Só het die 1962-matriekklas van die Hoërskool Vereeniging 55 jaar gelede gelyk.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button