EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Driedubbele viering by Sharky Town

Musiekmakers groet die jaar op vrolike noot

 
Marius de Vos, die bekende omroeper van IFM 102.2, sy vrou Francis en die kunstenaars van Sharky Town en hul gesinne het op 6 Desember ‘n driedubbele viering by dié kuierplek buite Vanderbijlpark geniet. Dit was nie net die jaarafsluiting van die musiekmakers nie, maar ook Marius se verjaardag én sy en sy vrou se 32ste huweliksherdenking. Marius (agter, tweede van regs met die rooi baadjie) het almal bedank vir hul ondersteuning en vriendskap deur die jaar, en in besonder die kunstenaars Ernie Bates, Stephan Visagie, Chrizaan, Nico Booijse, Herbie van Zyl, Tony Knight, Carlo Leone, Quinton van Eyk, Zander van Wyk, Jurg Basson en Ria Best van die Kannie Warries. “Dit was ‘n gatskop-kuier en vriendskap het geseëvier!” sê Marius.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button