EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Jong Mej. Elite SA: Hoe besiger, hoe beter!

Danel Grobler, ‘n pragtige 12-jarige leerling van die Laerskool Emfulenipark, het onlangs in Klerksdorp met die prestige titel as Mej. Elite SA in haar ouderdomsgroep (11 - 12 Novice) weggestap

 
VANDERBIJLPARK. – Danel Grobler, ‘n langasem-atleet wat aan die 800m en 1 500m sowel as landloop deelneem, se eerste liefde is modelwerk. Sy word afgerig deur Natasha Menino Costa van ACE Modelling School – dieselfde modelskool waar Mej. SA, Demi-Leigh Nel Peters, ook haar modelloopbaan begin het.

Danel doen modelwerk vanaf Januarie 2017 en sê sy geniet elke oomblik daarvan. Hoe meer hooi op haar vurk, hoe beter. Sy is baie betrokke in haar gemeenskap en geniet dit veral om haar deel vir

welsynsorganisasies in die Vaaldriehoek te doen. Sy is onder andere ook betrokke by ‘n veldtog teen boeliegedrag sowel as ‘n bewusmakingsprojek oor outisme. Danel handhaaf ‘n goeie balans tussen haar modelwerk, sport en akademie. Sy glo dat harde werk, die ondersteuning van haar familie en vriende, en veral haar Skepper, die sleutel tot haar sukses is.

Danel Grobler, Mej Elite SA (afdeling: 11 – 12 Novice) in swemdrag.

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button