AmusingEntertainmentEventsLifestyleLocal newsNews

Emerald Resort & Casino vier 20 jaar in die Vaal!

Almal wat in die vreugde wil kom deel, is welkom om op 23 September te kom saamkuier. Toegang is gratis.

 
VANDERBIJLPARK. – Die Emerald Resort & Casino vier hierdie maand sy 20ste bestaansjaar en almal wat in die vreugde wil kom deel, is welkom om op 23 September te kom saamkuier.

Verskeie kunstenaars soos die Campbells, DJ Ossewa en vele meer gaan vir lewendige vermaak sorg terwyl die geliefde karaktertjie Lollos, springkastele en ander pretaktiwiteite die kleinspan gaan besig hou.

Daar gaan ook ‘n verskeidenheid stalletjies met drinkgoed en heerlike kos soos spitbraai-geregte, lamspotjies, kerriedisse, boereworsrolle en vele meer wees om in alle besoekers se smaak te val. Natuurlik sal daar ook roomys wees om die kleingoed te behaag. Bring dus genoeg geld saam om soveel moontlik van die lekkernye te geniet!

Bring die hele familie en jou vriende saam en kom geniet ‘n gesellige dag in die son!

Nadere besonderhede is beskikbaar by www.emeraldcasino.co.za of op Facebook:
https://www.facebook.com/Emerald.Resort.Casino

Lollos se span

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button