EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Helenor Dance Studio se groep blink uit by dansfees

Die groep het met vier silwer-, nege hoogsilwer- en vyf goue medaljes, sowel as vier diplomas en drie diploma-plusse weggestap

SASOLBURG. – Dansers van Helenor Dance Studio (HDS) het tydens die onlangse Sasolburgse Dance Festival, wat vanaf 25 tot 27 Oktober by die Etienne Rousseau Teater aangebied is, hul beste passies uitgehaal en met verskeie toekennings huis toe gegaan.
Die dansers het aan verskillende dansstyle soos klopdans, modern, kontemporêr en lyrical in groepdanse, duette en solo’s deelgeneem.
Die groep het met vier silwer-, nege hoogsilwer- en vyf goue medaljes, sowel as vier diplomas en drie diploma-plusse weggestap.
Solo-dansers wat goud ontvang het, is Zanri van Doorn, Janke Jacobs en Kate Colitz.
Volgens Helenor Esterhuizen, afrigter en self ‘n danser van HDS, is die dansateljee vanjaar 20 jaar oud en baie trots daarop om steeds items van baie hoë gehalte en uitstekende standaard en tegniek te lewer.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button