CommunityEntertainmentLocal newsNewsNewsUpdate

Selfoon-video van skietery versprei soos veldbrand (Waarskuwing krutaal en grafiese beeldmateriaal)

Ettienne van Rensburg MEYERTON. – ‘n Skokkende selfoon-video wat die laaste minute van sy lewe en die gebeure wat tot die skietdood van die 61-jarige Daniel Christoffel Van Heerden op 27 Desember aanleiding gegee het, het vandeesweek soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei. Van Heerden, pa van Danie van Heerden, ‘n voormalige EFC-swaargewigkampioen en Chris …

Ettienne van Rensburg

MEYERTON. – ‘n Skokkende selfoon-video wat die laaste minute van sy lewe en die gebeure wat tot die skietdood van die 61-jarige Daniel Christoffel Van Heerden op 27 Desember aanleiding gegee het, het vandeesweek soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei.

Van Heerden, pa van Danie van Heerden, ‘n voormalige EFC-swaargewigkampioen en Chris van Heerdern, voormalige IBO wêreld weltergewigkampioen. Van Heerden, ‘n vader van 13 kinders, is Donderdagmiddag omstreeks 14:00 na ‘n woordewisseling met ‘n sekuriteitswag doodgeskiet.  Die verdagte is in aanhouding en sal môre in die Vereenigingse Landroshof verskyn. Chris het vandag uit Amerika in Suid-Afrika aangeland om die begrafnis by te woon. Na wat verneem word sal die begrafnis eerskomende Vrydag plaasvind. Verdere besonderhede is nog nie bekend nie.

*Vaalweekblad het op aanbeveling van sy regsspan weerhou om die video te publiseer totdat die Persombudsman gereageer het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button