News

Meer as 300 000 aansoeke in 3 dae vir 5 500 SAPD poste

Die aanlyn-wervingsveldtog sluit op Vrydag, 13 November 2026. Daar is net 5 500 beskikbare poste.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het in die eerste drie dae van sy aanlyn-werwingsveldtog, meer as 300 000 profielregistrasies gekry, waaronder duisende jong Suid-Afrikaners wat die geleentheid wil aangryp om ‘n loopbaan in die polisie te volg.

Van hierdie registrasies het meer as 232 000 aansoekers die profielverifikasieproses voltooi, terwyl meer as 190 000 reeds met hul aansoeke begin het. 

Daar was in drie dae 172 721 aansoeke voltooi en via die #SAPS eRecruitment-portaal ingedien vir die 5 500 beskikbare poste.

Aansoeke ontvang per rasgroep:

  • Swart: 160 000
  • Kleurling: 11 000
  • Indiër: 600
  • Wit: 150

Die provinsiale uiteensetting van aansoeke wat tot op hede ingedien is:

  • Gauteng: 49 518
  • KwaZulu-Natal: 33 661
  • Oos-Kaap: 17 441
  • Limpopo: 16 251
  • Wes-Kaap: 16 249
  • Mpumalanga: 14 900
  • Vrystaat: 11 345
  • Noordwes: 9 179
  • Noord-Kaap: 4 177

Vroulike aansoekers verteenwoordig meer as 95 000 van die aansoeke wat ingedien is, terwyl manlike aansoekers meer as 76 000 aansoeke ingedien het sedert die wervingsveldtog op 21 Oktober geopen het.

eRecruitment-portaal

Die hoë volume verkeer op die eRecruitment-portaal kan lei tot vertragings of stadiger reaksietye vir aansoekers wat probeer registreer of hul aansoeke probeer indien.

Die portaal bly operasioneel. Die #SAPS Tegnologiese Bestuursdienste (TMS)-afdeling, tesame met sy tegnologievennote, werk voltyds om die verhoogde vraag te bestuur en die voortgesette werking van die stelsel te verseker.

Aansoekers wat hul aansoeke suksesvol ingedien het, word verseker dat hul indienings geldig bly en dat geen verdere optrede vereis word nie.

Die SAPD doen ‘n beroep op voornemende aansoekers om geduldig te wees wanneer hulle toegang tot die portaal verkry: https://erecruitment.saps.gov.za

Vermy herhaalde pogings om te registreer tot of aansoeke in te dien, slegs aansoekers wat nie ‘n erkennings-e-pos ontvang het nie kan weer aansoek doen.

Doen waar moontlik buite spitstye aansoek om vertragings te minimeer.

Maak uitsluitlik staat op amptelike SAPD-kommunikasiekanale vir akkurate wervingsinligting.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button