Privaat-inisiatief om rioollekke in ELM te identifiseer
Hierdie is 'n onafhanklike inisiatief en is nie geaffilieer met, of word nie bedryf deur die plaaslike ELM munisipaliteit nie.
VANDERBIJPARK – Inwoners van Emfuleni wat gebuk gaan onder die ongerief van riool in hul straat of buurt, word gevra om dit aan te meld.
Veral inwoners wat langdurige rioollekke ondervind moet van die geleentheid gebruik maak sodat dit onafhanklik aan die betrokke owerhede voorgelê kan word.
“Kom ons kyk hoe vinnig ons hierdie probleme aandag kan laat kry en laat regstel. Ons begin eerste met rioolstortings. Waterlekke sal volgende aangepak word,” sê Rosemary Anderson, woordvoerder.
Die inligting wat benodig word
Naam
Telefoonnommer
Straatnommer en straatnaam
Voorstad of Sone
Dorp
Hoe lank stroom/lek die riool al?
Is dit al voorheen aangemeld? Ja / Nee
“Elke verslag tel! Help ons om die probleemareas te identifiseer, dit onder die owerhede se aandag te bring, en op te volg oor die vordering. Hierdie is jou geleentheid om te help om jou buurt op te ruim,” sê Anderson.
Stuur besonderhede van rioolstortings na: WhatsApp: 072 411 5606 of E-pos: info@ward5emfuleni.co.za

