EntertainmentEventsLifestyleLocal newsNationalNews

Sporthengel: Wêreldspele vanaf 9 tot 14 Februarie

Vaaldriehoekse hengelgeesdriftiges kan na een van die afdelings by Emerald Resort & Casino kom kyk!

 

Groot hengel-opwinding gaan hierdie week heers wanneer die Sport Fishing World Games vanaf 9 tot 14 Februarie regoor SA plaasvind.
In die Vaaldriehoek gaan die Swart Baars / Black Bass-faset by die Emerald Resort en Casino plaasvind. Dit beloof om ‘n groot feestelikheid te wees met heelwat vir die publiek om te sien, sê Zies van Zyl, ‘n groot hengelgeesdriftige.
Die publiek kan kom kyk en ons SA-spanlede ontmoet, en terselfdertyd met die top internasionale hengelaars kennis maak. Die toerusting en kragtige bote wat hier te sien gaan wees, beloof om oud en jonk se aandag te prikkel.
Die inweegsessies gaan “lewendig” op die Internet gedoen word. Hierdie is ‘n groot geleentheid vir inwoners van die Vaaldriehoek om deel te wees van ‘n gerekende internasionale sportgebeurtenis.
Die toernooi sal plaasvind vanaf die lanseerhelling van die Emerald Resort en Casino.

Die volgende aktiwiteite is ook by die Emerald Resort & Casino geskeduleer :

1. Akrobatiese lugvertoning deur ‘n voormalige wêreldkampioen
2. Buitelug expo deur verskeie uitstallers.
3. Lewendige inweeg van vangste vanaf 12 tot 14 Februarie.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button