EntertainmentLifestyleLocal news

Kleurryke karnaval-pret!

VANDERBIJLPARK. – Vet pret! In vet letters nogal. Dit is die woorde waarmee meeste kinders Vrydagaand aan die etenstafels die Laerskool Eligwa se karnaval en Colour Run aan hul gesinne beskryf het. Maar hoe kan dit dan anders as jy vrye teuels gegee word om ou maats en onderwysers met kleurpoeier te besmeer? Hoewel die skuimsproeier en waterglybane die kleinspan soort van skoongemaak het, moes …

VANDERBIJLPARK. – Vet pret! In vet letters nogal. Dit is die woorde waarmee meeste kinders Vrydagaand aan die etenstafels die Laerskool Eligwa se karnaval en Colour Run aan hul gesinne beskryf het. Maar hoe kan dit dan anders as jy vrye teuels gegee word om ou maats en onderwysers met kleurpoeier te besmeer?
Hoewel die skuimsproeier en waterglybane die kleinspan soort van skoongemaak het, moes daar steeds by die huis gewas en geskrop word om die kleurryke oorblyfsels van die dag se pret die drein af te stuur.
Daar is gespring, gegly, geskaterlag en gesnoep. Alles bestanddele vir ‘n kinderlewe waarvoor die meeste sterflinge hulle voortande sal gee.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button