EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Dink-en-Doen sluit jaar feestelik af

Dink en Doen-lede hervat hul klubwerksaamhede op 14 Januarie 2020.

VANDERBIJLPARK. – Na ‘n vrolike piekniek by Kainos en ‘n humoristiese geleentheid waar lede van Dink en Doen hul “grootste verleenthede” met ander lede gedeel het, het dié damesklub onlangs met “Kersfees in November” afgesluit.
Die saal is versier met liggies en kersbome, en die tafels is feestelik deur die bestuurslede gedek.
Na ‘n gewyde Kersvoorlesing en die sing van ‘n paar Kersliedjies het die dames ‘n heerlike driegangmaal geniet.
Elkeen het ‘n geskenkie ontvang en daarna is daar behoorlik in die gees van Kersfees saamgekuier.
Dink en Doen-lede hervat weer hul werksaamhede op 14 Januarie 2020.
Ledegeld is R180 vir n jaar en R50 per besoek vir nie-lede. Nuwe lede is welkom om aan te sluit. Meer besonderhede is beskikbaar by Maggie Swanepoel by 082 375 2780.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button