EntertainmentBreaking News

Fietsryer dood nadat vragmotor hom stamp

VEREENIGING. – Die ER24-ambulansdiens sê die fietrsyer, ‘n man in sy 30’s, is dood nadat hy Maandagoggend deur ’n vragmotor op die M61 naby Redan gestamp is. Volgens Russel Meiring het noodienswerkers met aankoms die stilstaande vragmotor in die een baan aangetref met die liggaam van die dooi man en sy fiets daarnaby. “Nooddienswerkers het …

VEREENIGING. – Die ER24-ambulansdiens sê die fietrsyer, ‘n man in sy 30’s, is dood nadat hy Maandagoggend deur ’n vragmotor op die M61 naby Redan gestamp is.
Volgens Russel Meiring het noodienswerkers met aankoms die stilstaande vragmotor in die een baan aangetref met die liggaam van die dooi man en sy fiets daarnaby.
“Nooddienswerkers het gemerk dat hy talle beserings opgedoen het en geen tekens van lewe getoon het nie. Ongelukkig kon niks vir hom gedoen word nie en is die man dood verklaar,” het Meiring in ’n verklaring gesê.
Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button