Donker, dramatiese foto’s op ‘n Dinsdag
Donker dramatiese foto's is vandag op die fotografie-spyskaart.
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Heelwat van die fotograwe is nou weer terug by die werk en het ook nou die geleentheid om effens verder as net by hul huise foto’s te kan neem.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die vierde groep foto’s van die lockdown-fotograwe verskyn in die week se Vaalweekblad (24 Junie). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies. Let asb. dat al die foto’s pragtig is, maar daar ongelukkig net beperkte spasie elke week beskikbaar is.
- Vaalweekblad het reeds nog ‘n paar foto’s ontvang wat môre sal verskyn.

Karin Cronjé van Standerton het hierdie mooi natuurfoto tydens ‘n oggend uitstappie geneem. 
Nuwe lewe! Kirsty Jacobs van Sasolburg het hierdie mooi natuurfoto geneem. 
Madré Fourie van Vanderbijlpark het hierdie pragtige makro foto van ‘n druppel geneem. 
En daar in die vroeë oggend kry die son ook ‘n gaatjie om deur te loer. Michelle Hart van Sasolburg het die besondere foto geneem. 
Die kunstige Nico Potgieter van Vanderbijlpark het die interessante foto geneem. 
Pierre Fourie van Vanderbijlpark het die kunstige foto by Dover-stasie geneem. 
Ria Viljoen van Garsfontein het hiedie pragtige landskap foto geneem. 
Rozan Koen van Vaalpark het die mooi foto van “die lig in haar lewe geneem.” 
Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg. Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die foto geneem. 
Bennie Henning van Germiston het die mooi foto van die son wat oor Meyersdal sak geneem. 
Minder is soms meer as genoeg! Bernard du Toit het hierdie pragtige landskap foto op Riversong Farm in die Koue Bokkeveld geneem. 
Bubbles du Plessis van Tulbagh in die Wes-Kaap het die foto tydens ‘n vakansie by Witsand geneem. 
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi foto van die oulike houtkappertjie geneem. 
Eileen Pretrorius van Alberton het hierdie straattoneel afgeneem. 
Hanti Pretorius van Vereeniging het die oulike foto geneem. 
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi tekstuurfoto geneem. 
Johan Froneman van Vanderbijlpark het ook die interessante foto geneem.
