EntertainmentLifestyleNews

Philmfees: Flieks en programme waarna kykers kan uitsien

Phil Pretorius is nie net 'n Raadsheer en die Hoofsweep van Midvaal se stadsraad nie - hy is ook 'n gerespekteerde dosent in Kommunikasiekunde aan die Noordwes-Universiteit.

 

Inwoners van Meyerton en omgewing ken Phil Pretorius reeds sedert 2008 as ‘n raadslid in die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit en sedert 2014 as hoofsweep van dié presterende munisipaliteit.

Min mense weet egter dat Phil ook ‘n lektor in Kommunikasiekunde aan die Noordwes-Universiteit is en spesialiseer in Films- en Televisiestudies.

Vaalweekblad begin dié week met ‘n gereelde rubriek, PHILMFEES, op ons webwerf (www.vaalweekblad.com), waarvan uittreksels ook by geleentheid in die papieruitgawe gepubliseer sal word. Hiermee beoog Phil en Vaalweekblad om lesers bewus te maak van interessante flieks en produksies waarvoor hulle op TV kan uitkyk. Lees Phil se eerste rubriek en beoordelings hier onder.

HILLARY
Dokumentêre Mini-reeks: 4 Episodes
My opinie: 7/10
DSTV: Catch-up en Showmax

Hillary (2020) is ʼn straks informele gesprek met Hillary Rodham Clinton oor haar lewe, politieke loopbaan en die 2016 Presidensiële verkiesing in die VSA. Of jy van Hillary hou of nie, hierdie reeks gee ʼn informatiewe blik op die alledaagse wedervaringe van politici in Amerika en lig die vrou agter die publieke persona uit. Hillary het tog ʼn hart en bloei as jy haar steek en lag as jy haar kielie. Die nuutvrygestelde beeldmateriaal van haar tyd as Presidensiële eggenote, Minister van Buitelandse Sake (Secretary of State) en haar 2016 veldtog teen Donald Trump vir die posisie as 45ste President van die VSA. Regisseur Nanette Burstein slaag fluks daarin om die menswaardigheid van Hillary, die mens, te ontgin wyl genoegsame inligting vir die nerds verskaf word. Hulle fokus vir ʼn wyle op die blou rok en haar besluit om by Bill Clinton te bly en hom te ondersteun na die Lewinsky-gate skandaal en Staatsbeskuldiging teen hom.
Vir die kykers wat die afgelope drama met die Biden/Trump verkiesing gevolg het sal die insig in Hillary se intense veldtogte baie interessant wees. Hillary verduidelik onder andere dat sy vas glo dat kiesers eers besluit vir wie hulle gaan stem en daarna die media konsulteer om die redes vir hulle besluit te regverdig.
As jy die VSA verkiesingsveldtog gevolg het en films soos Primary Colours (1998), Nixon (1995), Wag the Dog (1997) en Milk (2008) geniet het sal jy die ooreenkomste in hierdie dokumentêr waardeer.

KYK UIT VIR:
Vir die Tieners
MAX AND ME (2020) – Langspeelfilm (104 min)
Saterdag 14 November 2020 om 18:30 op SABC2 (Kanaal: 192)
ʼn Liefdesverhaal van ʼn stil jong seun wat verlief raak op die bure se dogter. Maar wat hy ontdek aan die einde is spokerig. Met Matthew Erick White en Lily Bleu Andrew.

Vir die Volwassenes
FORD VS FERRARI (2019) – Langspeelfilm (152 min)
Sondag 15 November 2020 om 20:00 op M-Net (Kanaal: 101)
Biografiese drama oor die stryd tussen Ford en Ferrari vir die Le Mans in Frankryk in 1966. Met Matt Damon en Christian Bale.

Vir die Ouer Garde
KOÖPERASIESTORIES (1983) REEKS 1 – Komediereeks (30 min)
Dinsdae om 18:30 op SABC2 (Kanaal 192)
PG Du Plessis se geliefde reeks oor die gesprekke tussen Mietie, Genis en Veldsman op Gesinasrus se Koöperasiestoep.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button