EntertainmentLocal newsNewsNews
Protesoptrede met skriflesing en gebed geopen
VEREENIGING. – ‘n Groep inwoners van Drie Riviere wat Vrydagmiddag verkeer ontwrig het om ‘n boodskap aan die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit te stuur het die byeenkoms op ‘n volkseie wyse afgeskop: Met skriflesing en gebed. Die inwoners het besluit om aan ‘n vreedsame protes deel te neem omdat sommige gedeeltes van Drie Riviere al vir …
VEREENIGING. – ‘n Groep inwoners van Drie Riviere wat Vrydagmiddag verkeer ontwrig het om ‘n boodskap aan die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit te stuur het die byeenkoms op ‘n volkseie wyse afgeskop: Met skriflesing en gebed.
Die inwoners het besluit om aan ‘n vreedsame protes deel te neem omdat sommige gedeeltes van Drie Riviere al vir twee weke sonder elektrisiteit sit.
Steyn Fourie, die leier van die groep, het dit met die Slag van Bloedrivier vergelyk en vir die Here se hand van beskerming gevra.
Hy meen die boodskap is helder en duidelik aan die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit gestuur.
Kyk video hier:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
