EntertainmentNewsNews

Wen lekker pryse in kompetisie ten bate van renosters

Net soos die res van die land, weet plaaslike inwoners ook dat renosters se uitwissing nie toegelaat kan word nie.

 
Vaalweekblad het om die rede besluit om sy deel te doen en ‘n platform aan Insimbi Legacy Projects te bied om hul skoonheidskompetisie ten bate van renosters te loods. Jy kan dus jou deel op ‘n prettige wyse doen en die kompetisie ondersteun.
Dit kos net R50 om in te skryf en elke inskrywing sal opreg waardeer word.
Al die fondse wat deur die kompetisie gegenereer word, sal as betaling vir die veldwagters (anti-poachers) wat die renosters moet beskerm, aangewend word.
Mense wat nie aan die kompetisie wil deelneem nie, maar die doel wil ondersteun, kan ‘n donasie maak.
Insimbi Legacy Projects is ’n organisasie in Limpopo sonder winsoogmerk. Die spesifieke plek waar dit geleë is, word vir die renosters se veiligheid, nie genoem nie.
“Beauty with a cause” is ‘n fotokompetisie met ses afdelings waarin deelgeneem kan word:
Miss Little Rhino Hope: Dogters 2 tot 6
Mr Little Rhino Jack: Seuns 2 tot 6
Miss Rhino Hope: Dogters 7 tot 12
Mr Rhino Jack: Seuns 7 tot 12
Miss Teen Rhino Hope:
Dogters 13 tot 16
Mr Teen Rhino Jack: Seuns 13 tot 19 (dit was voorheen 13 tot 16, maar nou 19).
* Soos reeds genoem, beloop inskrywings slegs R50 en daar is pryse op die spel vir al die afdelings se wenners.
(Dit sluit ‘n geskenkpak, sash en sertifikaat in).
Dit moet egter in die lig beskou word dat hierdie vir ‘n baie goeie doel is. Drie onafhanklike beoordelaars sal die onderskeie afdeling-wenners kies.
Die sluitingsdatum is 30 November.
Om in te skryf is maklik:
Stuur ‘n mooi gesigfoto, asook ‘n aanduiding vir watter afdeling ingeskryf word, saam met bewys van betaling na sharon@insimbilegacyprojects.co.za
Bankbesonderhede vir inskrywings:
FNB
Insimbi Legacy Projects NPC
Takkode: 253742
Rekeningnommer: 62742710347
Verwysing: Kind se naam en van
 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button