EntertainmentNews

Só moet verjaardae en huweliksherdenkings mos gevier word!

Hele famillie en vriendekring neem deel aan hengelnaweek

Die streng inperking van verlede jaar het baie Vaaldriehoekse hengelaars met lang gesigte na die viswaters laat verlang. Gelukkig is dié ontspannende tydverdryf in die huidige inperkingsvlak toelaatbaar en heelwat hengelaars word weer naweke langs die Vaaldam en Vaalrivier gesien.

Met twee verjaarsdae en twee huweliksherdenkings in haar familie- en vriendekring, het Tanja Smith van Vanderbijlpark onlangs ‘n behoorlike viering daarvan gemaak en almal genooi om saam-saam in die Vaalrivier by Orkney te gaan hengel.

Verskeie lede van dié gesellige groep is gesoute vistermanne wat op klubvlak hengel, en baie van hulle het gedurende die naweekuitstappie groot barbers en karpe kant toe gebring. Altesaam 163 visse is gevang en almal is weer in die water vrygelaat.

Tanja en haar groep bedank graag AR Diagnostics en River Meat Deli vir hul borgskap van die pretnaweek.

 

************************************************************************************

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button