EntertainmentNews

Jim Steinman, liedjieskrywer vir Meat Loaf, Bonnie Tyler en Celine Dion sterf op 73

Rus in vrede, Jim!

Jim Steinman, die Amerikaanse komponis, liriekskrywer en platevervaardiger wat saam met kunstenaars soos Meat Loaf, Celine Dion, Bonnie Tyler en aner bekendes gewerk het, is Maandag oorlede. Hy was 73.

Hy het op 19 April gesterf nadat hy lank gesondheidsprobleme gehad het.   Steinman word beskou as die vader van die ‘power ballad’ en het uitsonderlike werk in ‘n verskeidenheid musiek-genres gedoen, soos volwasse kontemporêr, rock, dans en pop, benewens musiekteater en films.  

Hy het die sanger Meat Loaf se debuutalbum “Bat Out of Hell” in 1977 gekomponeer, wat met meer as 50 miljoen eksemplare regoor die wêreld een van die topverkoper-albums van alle tye is.

Van die gewilde liedjies wat Steinman gekomponeer het, sluit in Meat Loaf se mega-treffer I’d Do Anything For Love (But I Won’t Do That), Total Eclipse of the Heart van Bonnie Tyler, Read ‘Em and Weep vir Barry Manilow, Air Supply se Making Love Out of Nothing at All en Celine Dion se weergawe van It’s All Coming Back to Me Now.  

In 1996 het Steinman die lirieke vir Andrew Lloyd Webber se musiekblyspel “Whistle Down the Wind” geskryf. Die vertoning was in die National Theatre in Washington, DC en het in 1998 in die West End in Londen geopen. Dit het intussen ‘n paar keer deur die wêreld getoer.   Steinman se dood is inderdaad ‘n groot terugslag vir die musiekwêreld. Mag sy nalatenskap nog lank voortleef en deur ons nageslagtegeniet word.   Rus in vrede Jim! 

 

   

Luister na Bonny Taylor se weergawe van Steinman se lied Total Eclipse of the Heart by hierdie skakel:

 

************************************************************************************************************

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button