EntertainmentNews

Geniet ‘n prettige familiedag vandag, 24 April

Onder die kunstenaars wat gaan optree is Martie & Corné, Susan, Die Basie Brits Dagbreek-dansorkes, Gerrie, en Morné Willemse. Kom neem gerus deel aan die opwindende kompetisies soos die Mr & Miss Wild Stallions en Mr & Miss Wild Pony.

 

SASOLBURG. – ‘n Opwindende familiedag en interessante markdag word op 24 April by Wild Stallions Restaurant, Pub & Car Wash in HF Verwoerdstraat, Sasolburg gehou.
Dit is langs die DP de Villiers-sportstadion.
Die dag, wat ten bate van welsyn aangebied word, is die inisiatief van Wild Stallions se eienaars, Lappies en Lulu Labuschagne, en word deur MCCM Entertainment georganiseer.
Daar gaan hope vermaak vir die kleingoed wees sowel as stalletjies met interessante handelsware.
Daar gaan ook heeldag musiek wees wat jou voete sal laat jeuk! Onder die kunstenaars wat gaan optree is Martie & Corné, Susan, Die Basie Brits Dagbreek-dansorkes, Gerrie, en Morné Willemse. Kom neem gerus deel aan die opwindende kompetisies soos die Mr & Miss Wild Stallions en Mr & Miss Wild Pony.
Die geleentheid is ten bate van welsyn. Bring asseblief komberse en nie-bederfbare kos saam wat onder minderbevoorregtes versprei sal word. Alle donasies gaan aan die welsynsorganisasies, Engo en Rata Social Services.
Kontak Martie by 081 412 0035 vir meer besonderhede.

Lappies en Lulu Labuschagne van Wild Stallions, wat in die komende maande gereeld welsynsprojekte gaan aanbied om mense in nood by te staan

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button