EntertainmentLocal newsNewsNews

Spesiaal vir klassieke musiek liefhebbers

Eenmalige vertoning deur die Odeion Strykkwartet hierdie Sondag by die ERT.

SASOLBURG. – Op Sondag, 19 September 2021 tree die bekende Odeion Strykwartet by die Etienne Rousseau Teater op.

Die vertoning begin om 14:00 en die kwartet gaan bekende werke van die groot meesters Tchaikovsky, Schubert en Piazzolla opvoer.

Die Odeion Strykkwartet is in 1991 as ‘n permanente, voltydse strykkwartet by die Universiteit van die Vrystaat begin.

Die lede is Samson Diamond (eerste violis), Sharon de Kock (tweede violis), Jeanne-Louise Moolman (violis) en Anmari van der Westhuizen (tjellis).

Alle Covid-19 maatreëls geld steeds. Onthou dus om vooraf te bespreek, want sitplekke is beperk.

Bespreek via WhatsApp by 063 217 5147. Kaartjies kos R150 (60+) en R180 vir persone onder 60 jaar. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button