EntertainmentLifestyleNews

Kom vier die Liefde die hele maand lank by Stonehaven se Vrydag Sokkies!

Afhangend van weersomstandighede sal dit óf op Stonehaven se groot boot gehou word, óf op die oewer van die rivier ... dus 'n Sokkie met 'n verskil!

Februarie is die maand van die liefde … en watter beter manier is daar om dit te vier as met ‘n hartlike sokkiedans?

Hier’s julle kans. Van nou af kan julle ELKE Vrydag vanaf 5 namiddag kom pret maak by Stonehaven se Vrydagaand Sokkies! So kom maak hierdie Vrydag, 4 Februarie, ‘n plesierige draai en onthou om jou dansskoene aan te trek.

Afhangend van weersomstandighede sal dit óf op Stonehaven se groot boot gehou word, óf op die oewer van die rivier … dus ‘n Sokkie met ‘n verskil!

Daar sal ‘n komplimentêre verwelkomingsdrankie met aankoms wees, terwyl DJ Ben die tipe musiek gaan speel wat jou sommer sal lus maak om te dans. Hy gaan groot pryse uitdeel vir die beste dansers ook, so kom haal julle oulikste passies uit, of as jy nie goed kan dans nie, gaan net behoorlik mal op maat van die woeslekkerste dansmusiek! Dalk wen jy ‘n prys!

Worsrolletjies en vetkoek sal verkoop word en ‘n kontantkroeg sal beskikbaar wees om jou dors te les. Stonehaven se Tapbier is 25% goedkoper na 5nm elke dag, en vir net sestig bokke kry jy 2 keer ‘n dubbel van daai Fontein waar die Buffels wei (ons mag nie name noem nie, maar flinkdinkers sal verstaan!). Dit sluit ook jou gunsteling verdunner in. En as jy nie wil dans nie, kan jy net kom sit en kyk tot laat.

Kontak Stonehaven vir meer besonderhede by: (016) 982 2951/2

WhatsApp : 060 804 1495.

E-pos: info@stonehaven.co.za.

Stonehaven is sewe dae per week oop. Dié gesellige kuierplek is mos soos ‘n tweede huis. Jy voel altyd welkom hier.

 

 

 

 

********************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button