ERT Fliek Klub – Twee moet sien flieks
Kaartjies vir Fliekklub vertonings beloop R100 per persoon en kan bespreek word deur jou naam, van, e-pos adres en die aantal kaartjies te WhatsApp na 063 2175147.
SASOLBURG. – Sonday, 20 Februarie 2022 om 14:00 word die hoogsaangeskrewe LES MISÉRABLE – THE STAGE CONCERT by die Ettiene Rousseau Teater (ERT) vertoon.
Die produksie is oorspronklik lewendig opgeneem in London se West End Teater.
Les Misérables is wêreldwyd al deur meer as ‘n 120 miljoen mense gesien.

Sondag, 13 Maart om 14:00 word Romeo & Juliet deur die Royal Ballet geselskap vertoon.
Die ballet is ook lewendig opgeneem in London en sal as ‘n eenmalige film vertoning by die ERT aangebied word.
Kaartjies vir Fliekklub vertonings beloop R100 per persoon en kan bespreek word deur jou naam, van, e-pos adres en die aantal kaartjies te WhatsApp na 063 2175147.
Meer inligting beskikbaar op die Facebookblad @ERTSasolburg.