Vereeniging vier sy 130ste bestaansjaar in 2022
Wees deel van hierdie trotse geskiedenis! Kontak Vaalweekblad by 063 327 3781 of 083 246 0523
Vereeniging word vanjaar 130 jaar oud. Die dorp is in 1892 gestig en is vernoem na die oorspronklike eienaar, die Suid-Afrikaanse en Oranje Vrijstaatse Kolen en Mineralen Myn Vereeniging.
Om hierdie mylpaalherdenking van Vereeniging te vier, publiseer Vaalweekblad die laaste week van elke maand interessante bylae waarin ons meer oor die geskiedenis, die interessante gebeure en die talentvolle mense van Vereeniging vertel. As jy interessante staaltjies of stories uit Vereeniging het kontak Retha by 083 246 0523.
Ou of nuwe sakeondernemings wat graag wil hê dat ons foto’s en berigte oor julle in die bylae moet insluit, is welkom om Karin te kontak by Karin.Visagie@vaaldriehoek.com of by 063 327 3781.
Wees deel van hierdie trotse geskiedenis!
Argieffoto: Die Riviera Hotel


