SportSport

Dokkies NWU T20-bash-kampioen

Dokkies wys wat in hulle steek.

VANDERBIJLPARK – Die Hoërskool Dr. Malan se eerste krieketspan is Saterdag as die NWU T20-Bash-kampioen gekroon nadat hulle die Hoërskool Driehoek met 43 lopies in die eindstryd in Vanderbijlpark geklop het.

Die Dokkies het eerste gekolf en 155 lopies vir die verlies van ses paaltjies in hul toegelate 20 boulbeurte aangeteken.

Jacques Nel het die kolfaanslag gelei met 42 lopies van 33 balle, terwyl Adriaan Greyling 23 van 20 balle en Ruben Muller 20 van net 12 balle bygedra het.

Driehoek se Leonardo Visser (2/26) was die suksesvolste bouler, terwyl Janco Smith een paaltjie vir 14 lopies geneem en Ethan Bruwer een vir 21.

Driehoek kon in hul antwoord slegs 112 lopies vir die verlies van twee paaltjies in 20 boulbeurte aanteken.

Christiaan Schoeman het met ‘n onoorwonne 64 lopies van 54 aflewerings die meeste weerstand gebied. Divan Dreyer het hom goed ondersteun met ‘n onoorwonne 37 lopies van 55 balle.

Damian du Plessis en Milan Nel het elk een paaltjie vir Dr. Malan platgetrek en onderskeidelik slegs 12 en 13 lopies afgestaan.

Dr. Malan het die eindstryd uiteindelik met 43 lopies gewen om die NWU T20-Bash-titel in te palm.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button