EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Footprints Restaurant: Tydlose koskultuur heers in dié historiese huis

Bespreek vir Sondag se Moedersdag-ete by (016) 454 5455 of 062 755 6642.

As jy ‘n fyn aanvoeling het vir tradisie en koskultuur, wag hier ‘n heerlike bederf op jou by Footprints Restaurant & Coffee Shop in Greylaan 32A, Vereeniging.

Dié restaurant in die hartjie van die stad oorkant Medi-Village en digby Mediclinic Vereeniging, bedien smullekker disse teen sakpaspryse. Aan die hoof is Peter Hallmanns, ‘n bekroonde sjef met 50 jaar se koskennis uit verskeie wêrelddele.

Footprints is beslis nie jou gewone kitskos-ervaring nie. Die restaurant met sy verskillende kamers is ‘n gerestoureerde huis van sowat 80 jaar oud, wat kunstig gemeubileer is om soos die vertrekke in ‘n gesellige huis met ‘n Europese atmosfeer te lyk – kompleet met oudhede en pragtige gerestoureerde meubels uit Peter se persoonlike versameling. Net die plek om jou na liggaam en gees te versterk met ‘n hartlike ontbyt, ‘n deftige koppie koffie of tee met ‘n peuselhappie, of ‘n ligte maar vullende middagete. Dit is ook die ideale venue om ‘n huweliksherdenking, ‘n verjaardag of ander spesiale dag rustig saam met vriende en familie te vier. Moet ook nie vergeet van Moedersdag Sondag, 8 Mei nie… hier wag ‘n ongekende bederf teen slegs R225 per persoon!

Sjef Peter (66), wat deur sy roemryke loopbaan in topposte aan talle vooraanstaande hotelle en instansies verbonde was, het in 1975 na Suid-Afrika gekom en ‘n pos by die land se eerste vyfster-hotel, die Carlton in Johannesburg, aanvaar. Verskeie ander groot hotelle het gevolg waar hy homself tot hoof-sjef opgewerk het. Hy was onder meer distriksbestuurder van ‘n groot onderneming wat hul op nywerheidspyseniering toespits, en opleier aan die Institute for Hospitality Studies, waar hy in 1996 tot direkteur bevorder is. Daarna was hy een van die voorste advies-sjefs by Nestlé Food Services SA en het ook ‘n tyd lank by internasionale voedselondernemings in die Midde-Ooste en Ierland gewerk. Die South African Chefs Association (SACA) het hom met lewenslange lidmaatskap vereer.

Dié sjarmante sjef is ‘n ware gesinsman wat met ‘n boerenooi, Erika, getroud is. Sy deel sy passie vir goeie kos en is saam met hul twee kinders, Günter en Anja, die midddelpunt van sy lewe. Na al hul omswerwinge in die buiteland het hulle na Vereeniging verhuis om nader aan Erika se familie te wees.

As toegewyde Christen gee hy alle eer aan God vir die talent en geleenthede wat hy deur die jare ontvang het. Die naam van die restaurant, Footprints, verwys ook na die bekende verhaal van ‘n dubbelry voetspore in die sand, wat ‘n enkelry word wanneer die Here mens optel en dra, sê Peter.

* Footprints Restaurant & Coffee shop is van Maandae tot Vrydae tussen 08:00 en 17:00 oop en ook op Saterdae en spesiale dae vanaf 08:00. Besoek hulle gerus in Greylaan 32A of bespreek by (016) 454 5455 of 062 755 6642. Lees meer op hul Facebookblad by https://www.facebook.com/Footprints.bistro.and.deli.32

 

Hier is Sondag se Moedersdag-spyskaart:

 

 

Peter Hallmanns, passievol aan die werk!

**********************************************************************************************************

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button