Action Sports Vanderbijlpark sit sy prestasies onder nuwe bestuur voort
Kom besoek Action Sports Vanderbijlpark gerus in Fraserstraat 16, of kontak hulle by 072 653 2688 vir meer inligting.
Action Sports Vanderbijlpark is ‘n sportfasiliteit vir oud en jonk, mans en dames, seuns en meisies, en is al langer as 14 jaar deel van die gemeenskap.
Nadat dit onlangs verkoop is, word dit nou deur die nuwe eienaar, Danita Crous, bedryf. Die amptelike opening onder nuwe bestuur word op Saterdag, 28 Mei gehou.
Danita, ‘n gebore Vanderbijlparker, is haar lewe lank al ‘n kranige sportvrou met verskeie sportprestasies op haar kerfstok. Van die hoogtepunte in haar loopbaan sluit in dat sy ‘n spanlid van SA Netbal en SA Korfbal was, waarvan sy onderskeidelik kaptein by die Wêreldbeker, en as Top 10-speler aangewys is.
Dit was juis Danita se groot passie, toewyding en dryfkrag vir sport wat haar laat besluit het om die nuwe uitdaging by Action Sports Vanderbijlpark aan te pak. Sy wil graag die geleentheid gebruik om haar kennis en talente met ander te deel.
Verskeie sportsoorte word hier aangebied, insluitend Action Krieket, Action Netbal, Action Hokkie, Action Sokker en Bubble Soccer. Action Sports Vanderbijlpark staan ook gereed om kinderpartytjies en werksfunksies te behartig. Daar is ook reeds groot belangstelling en navrae oor die Netbal-akademie wat deur Danita aangebied word.
Action Sports Vanderbijlpark is die enigste aksiesport-fasiliteit in die Vaaldriehoek, maar vorm deel van die Action Sports-familie wat regoor Suid Afrika strek. “Ons bied die beste en lekkerste onderdak-sportfasiliteite aan waaraan die hele gesin kan deelneem. Al is daar reën, hael, wind of sonskyn, ons is altyd reg vir aksie,” sê Danita geesdriftig.
Action Sports Vanderbijlpark se onlangse prestasies sluit in dat hul ope gemengde span vir die eerste keer in die Vanderbijlpark-arena se bestaan (Vaal Vikings), goud gewen het in die ope gemengde A-divisie tydens die onlangse Interprovinsiale toernooi (IPT).
“Ons is baie trots op dié prestasie. Die span se toewyding en harde werk het vrugte gedra en ons is opgewonde oor alles wat die toekoms inhou,” sê Danita.
Hoewel Action Sports Vanderbijlpark supertrots op al hul spelers en spanne is, is daar een speler wat kop en skouers uitstaan en beslis spesiale vermelding verdien. Hy is Shane Labuschagne, wat al sedert 2014 by die Vaal Vikings betrokke is en op die ouderdom van net 20 jaar reeds 11 nasionale en internasionale prestasies in sy netbal-loopbaan behaal het. Hy het op die ouderdom van 17 reeds vir die SA Indoor National-span gespeel en was ook al doelskieter in die mans internasionale kampioenskap teen Kenia in Uganda.
Action Sports Vanderbijlpark se wedstyde vir netbal vind op Maandae en Dinsdae plaas. Op Woensdae is dit krieket, hokkie en sokker, en op Donderdae krieket.
“Vrydae het ons ‘n lekker ‘family and friends night’ met vermaak vir oud en jonk. Daar is dan ook ‘inflatables’ en bubble sokker. Almal is welkom om te kom deel in die pret,” nooi Danita. Tussen al die aksie deur kan almal lekke saamkuier en gesels, terwyl hulle kan peusel aan die kombuis se smullekker kos.
Daar word beoog om ‘n besigheidsliga vir Vrydagaande te begin. Alle sakeonderneming is welkom om Action Sports Vanderbijlpark te kontak vir meer inligting hieroor.
“Ek sien geweldig uit na die nuwe toekoms van die besigheid saam met die ondersteuning van die gemeenskap,” sê Danita.
Kom besoek Action Sports Vanderbijlpark gerus in Fraserstraat 16, of kontak hulle by 072 653 2688 vir meer inligting.

Shane se prestasie sluit in:
-Opens National 7 A champions mixed.
-National under 23 A mixed champion’s 6 a side.
-National under 23 A mixed 7’s silver
-SA National squad indoor mixed under 23 span.
-Under 23 Men’s National outdoor champions Ekurhuleni.
-Protea Men’s under 23 outdoor National squad.
-Shooter van die men’s international championship teen Kenya, Uganda.
-Brons mens international championship saam mens SA indoor team.
-Classic clash under 23 Mens outdoor champion’s .
-Al oor die 50 international caps vir sa op 20.
– Al SA indoor national span op 17 gespeel.


Action Sports Vanderbijlpark se gemengde Netbal A-span. Agter van links: Annelise Botha, Marko van Deventer, Juan van den Heever, Nthabiseng Mashele, en Elmarie Present. Voor: Stephan Rass, Nobhule Sibisi, Monique van Deventer, Chezelle Probst en Shane Labuschagne.
****************************************************************************************************************

