EntertainmentLocal newsNewsNews

Dit kook by die ERT in Sasolburg!

Vergeet die koue en kom kuier Sondaemiddae by die ERT in Sasolburg!

SASOLBURG. – Terwyl die winter nou aan die voordeur klop, gaan die Etienne Rousseau Teater sorg vir genoeg om te doen op Sondaemiddae.

Op Sondag, 29 Mei kom maak die nimlike Liewe Heksie ‘n draai – en dit nogal op rolskaatse! Na wat ek gehoor het, bring sy darem vir Karel Kat en Koning Rosekrans ook saam.

Hierdie is ‘n vertoning wat landswyd deur oud en jonk geniet word. Bring die kleingoed en kom lag en speel saam. Kaartjies is beskikbaar by Lticket.co.za teen R100 vir kinders en R120 vir volwassenes.

Op Sondag, 12 Junie om 14:00 gaan Carli Olivier en die Compañia Sophia dansers weer bekoor op die maat van die internasionale klassieke kitaarspeler, James Grace se kitaarklanke.

Dit beloof om ‘n skouspel van kleur en klank te wees waar die ritmiese stamp van voete en die meesleurende kitaarklanke jou na ‘n ander wêreld gaan verplaas.

Alle kaartjies is R150 per persoon ek kan by Lticket.co.za bespreek word.

‘n Bietjie verder in die toekoms is die ERT ook bevoorreg om die veelbekroonde doyenne van die kabaretverhoog, Amanda Strydom terug te verwelkom.

Op Sondag, 31 Julie om 14:00 kom verdryf die grendeltyd blues met haar stuk – Ongegrendel/Unlocked waar sy ‘n verskeidenheid van ou en nuwe liedjies gaan sing en grendelstories vertel soos wat net sy kan.

Sy word begelei deur haar vaste pianis , die briljante Coenraad Rall en saam sorg hulle vir ongegrendelde pret, ‘n pleister op jou moeë nerwe en sielsverrykende medisyne.
Alle sitplekke R200.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button