EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Vereeniging se staalfabriek was agtergrond vir gewilde TV-reeks

Wie onthou nog die TV-reeks waarin sanger Steve Hofmeyr sy debuut as akteur gemaak het?

Gedurende die 1980’s was Vereeniging se UnieStaal Korporasie (USCO) skielik landwyd in die openbare oog! Dit was danksy die hoogs gewilde TV-sepie, Agter Elke Man, wat in 1985 en 1986 op die kassie begin het.

Die TV-dramareeks het gehandel oor die lief en leed rondom ‘n fiktiewe staalonderneming, Staalkor. Steve Hofmeyr en Dulcie van den Berg was twee van die hoofrolspelers.  Wat min kykers geweet het, was dat USCO se uit-diens-gestelde reduksie-aanleg in Vereeniging as agtergrond vir die reeks gebruik is.

Sedert die eerste reeks se uitsendings op 5 September 1985 begin het, het dit ongekende gewildheid onder kykers verwerf. Na die tweede reeks is die program opgevolg met die rolprent Agter Elke Man, wat op 28 September 1990 vrygestel is.

 

 

*****************************************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button