EntertainmentLocal newsNewsNews

‘n Kleurvolle skouspel wag by die ERT. Olé!

'n Spesiale vertoning vir die Vaaldriehoek deur ons eie Carli en haar Compañía Sophia dansers.

SASOLBURG. – Sondagmiddag, 12 Junie 2022 om 14:00 is dit weer tyd vir die Vaal se eie spaansedans koningin, Carli Olivier en die Compañía Sophia dansers om oud en jonk na ‘n ander wêreld mee te voer.

Hul eenmalige On Stage – Live produksie saam met die meester kitaarspeler, James Grace, beloof om weer ‘n skouspel van kleur en klank te wees.

Carli het laat weet die program bestaan uit ‘n goeie mengsel van ou gunstelinge en nuwe nommers.

“Ons bou die program op van die meer dramatiese tot ‘n kleurryke, goedvoel einde.”

Die intrinsieke valle van ‘n Spaanse sleeprok, of Bata de Cola.

 

Compañía Sophia spog ook met nuwe kostuums, wat kunstig deur een van die dansers, Monique Els gemaak is.

Om ‘n Spaanse sleeprok, of Bata De Cola te maak is ‘n kuns op sy eie. Elkeen van die rokke bestaan uit ongeveer 29m lap.

Internasionaal bekroonde kitaarspeler, James Grace gaan die begeleiding doen.

Om die klein wit geplooide val op die rok te maak word 6m materiaal in 5cm breë stukke gesny wat  in totaal ongeveer ‘n 160m lang stuk maak.

Daar word ook sowat 50m dik lyn op die onderkant van die val gewerk om dit  volume te gee.

Vir elke Bata De Cola word daar ongeveer 8000m gare gebruik.

Elke rok het ongeveer 20 sirkel valle bo en 20 boks valle aan die binnekant. Die rokke weeg tot 5kg en neem ongeveer 40 ure per rok om te maak.

“Ons is baie opgewonde om ons nuwe kostuums eerste by die ERT te dra. Daarna gaan ons, ons nuwe vertoning, Romanza by die Pieter Toerien Teater by Monte Casino opvoer van 27 Julie tot 7 Augustus 2022,” het Carli vertel.

Vir eers konsentreer hul op die finale afronding vir Sondag se program.

“Die 12de Junie gaan ‘n fees wees. ‘n Vrolike, kleurvolle lekkerte wat almal weer beter oor die lewe sal laat voel.”

Kaartjies beloop R150 per persoon en kan by LTickets.co.za bespreek word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button