Kyk saam by die ERT op 16 Junie
Bespreek kaartjies deur te WhatsApp na 0632175147.
SASOLBURG. – Die Etienne Rousseau Teater in Sasolburg gaan die winterkoue verdryf op Donderdag, 16 Junie 2022.
Twee fliek vertonings van opgeneemde vertonings sal gewys word. Hulle skop die dag om 10:00 af met die opera, La Traviata.

Daar sal ook ‘n inleiding gegee word deur Daniel Keet wat onlangs sy studies as dirigent by die Teatro alla Scala voltooi het.
Kaartjies beloop R100 per persoon en kan bespreek word via WhatsApp by 0632175147.
Om 14:30 is dit tyd vir RIVERDANCE – 25th Anniversary Show.

Die besonderse vertoning is lewendig in Dublin opgeneem en herdenk 25 jaar van Riverdance.
Kom deel in die Ierse musiek, talent en asemrowende voetwerk van die dansers.
Beide rolprente beloof om top gehalte vermaak te verskaf.
