Entertainment

Aappokke nou in Suid-Afrika

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS) het Donderdag (23 Junie 2022) die eerste geval van aappokke in Suid-Afrika bevestig.

Die pasiënt is ’n 30-jarige man van Gauteng met geen geskiedenis van reis oorsee nie.

Die instituut het Donderdag gesê hy is besig met kontakopsporing.

 

Aappokke is ’n seldsame virale infeksie wat in die mens kan voorkom.

Sedert Mei 2022 het altesaam 3 000 mense positief vir die siekte getoets in onder meer die VSA, Kanada, Australië, Marokko en die Verenigde Arabiese Emirate.

Dit is die eerste uitbreking wat gelyktydig in verskillende lande voorkom en die grootste uitbreking in die geskiedenis tot dusver.

Die gevalle wat tot dusver aangemeld is, is volgens Sinenhlanla Jimah, senior kommunikasiebestuurder by NIOS, hoofsaaklik onder mans wat seks met ander mans beoefen.

Mense wat meer as een seksuele maat het loop ook ’n risiko om hierdie siekte op te doen.

Volgens NIOS kan die virus ook by groot sosiale geleenthede waar daar baie mense is versprei.

Die siekte kan glo deur nabye kontak (soen, knuffel of seksuele kontak) versprei word.

Dit kan ook versprei word deur materiale waarmee die geïnfekteerde persoon in kontak gekom het soos beddegoed, klere en ander huishoudelike items.

Die virus is nie hoogs aansteeklik soos byvoorbeeld Covid of griep nie en fisiese kontak is nodig vir transmissie.

Mense wat die siekte onder lede het toon gewoonlik koors en simptome soortgelyk aan dié van griep.

Later ontwikkel hulle blase op die vel.

Volgens NIOS is die siekte selde fataal en simptome gaan gewoonlik tussen twee en vier weke weg.

In meeste gevalle is hospitalisering nie nodig nie.

Verspreiding kan deur isolasie voorkom word tot die geïnfekteerde persoon ten volle herstel het. Die risiko om die siekte op te doen is betreklik laag.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) beveel aan dat waaksaamheid verhoog word en dat kontakopsporing en monitering van laboratorium-bevestigde gevalle gedoen word.

Isolasie van bevestigde gevalle kan die siklus van oordrag onderbreek en die verspreiding van aappokke voorkom.

Massa-inenting teen die aappokke word tans nie aanbeveel nie

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button