Amanda Strydom by die ERT
Die Etienne Rousseau Teater (ERT) bied eersdaags 'n vertoning van Amanda Strydom aan.
SASOLBURG. – Amanda Strydom tree eersdaags op by die Etienne Rousseau Teater in Sasolburg.
Sy bring haar vertoning Ongegerendel / Unlocked na die Vaal en dit beloof om lafenis vir ons pandemie-moeë siele te bring met ou en nuwe liedjies.

Sy het ook ‘n hele arsenaal grendelstories wat sy gaan vertel. Amanda, die doyenne van Suid-Afrikaanse kaberet, word begelei deur haar vaste pianis, die briljante Coenraad Rall.
Saam sorg hulle vir ongegrendelde pret, ‘n pleister op jou moeë nerwe en sielsverrykende medisyne.
Die vertoning vind plaas op Sondag, 31 Julie om 14:00. Kaartjies beloop R200 per persoon en kan by
https://www.ltickets.co.za/…/amanda-strydom…/ bespreek word.
Vir ‘n voorsmakie, gaan luister gerus na haar weergawe van Halala Afrika by https://www.youtube.com/watch?v=9jtrpDGvEAc. Haar Verspreide Donderbuie is ook ‘n besonderse lied, gaan kyk en luister gerus by https://www.youtube.com/watch?v=MsSZwv4pYSw
