EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Vaal-wynroete: Kom proe die naweek hier!

Die Vaal River Meander Wynroete 2022 word Saterdag, 30 Julie met ‘n wyn-ekspo by Stonehaven on Vaal afgesluit.

Wynliefhebbers, die opwindende jaarlikse Vaal Meander Wine Route is aan die gang en julle kan elke naweek tot einde Julie kom wyn proe by enige van hierdie bestemmings in die Vaaldriehoek:

Memories – (016) 981 6510.

Waterfront Country Lodge & Spa – (016) 987 3434.

Rio Sol Portuguese Restaurant (Vereeniging) – (016) 423 3333.

Emerald Resort & Casino – (016) 982 8000.

Cock & Bull Pub at Heritage Village – 061 563 6384.

Urban Vines Bistro and Vineyard – 079 491 3062.

Stonehaven on Vaal – (016) 982-2951/2.

Riviera on Vaal Resort – (016) 100 5027.

Teen ‘n koste van slegs R50 per persoon kan agt verskillende wynkultivars by elkeen van die deelnemende lokale geniet word.

Hierdie venues is uiteenlopend en bied kontrasterende wynproe-ervarings soos ‘n konvensionele proe in ‘n gesellige kroeg met ‘n kaggel, of per huisboot, luukse vlot, water-taxi, toerbus, in jou eie motor of per helikopter.

Die keuse is joune!

Dit is ook ‘n wonderlike geleentheid vir maatskappye om hul kliënte of personeel te bederf met ‘n heerlike wynproe-ervaring, met of sonder ‘n maaltyd. Daar is verskeie pakkette om van te kies as jy ‘n korporatiewe of private groepuitstappie gedurende hierdie agt weke wil reël. Persoonlike pakkette kan aangepas word vir jou individuele, korporatiewe of private behoeftes.

Die Vaal River Meander Wynroete 2022 word Saterdag, 30 Julie met ‘n wyn-ekspo by Stonehaven on Vaal afgesluit.

Kaartjies kos R250 per persoon en sal vanaf 30 Junie te koop wees.

Kontak enige van die venues of besoek www.vaalwineroute.co.za om die verskillende pakkette en roetes te sien. Jy kan ook die Facebook-blad besoek by https://www.facebook.com/VaalWineRoute. Algemene inligting is ook beskikbaar by (016) 982-2951/2.

 

******************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button