EntertainmentLocal newsNewsNews

Felias, Pokkel en Jakkie Louw wag vir jou!

Moenie hierdie besonderse vertoning misloop nie!

SASOLBURG. – 23 Julie is net om die draai. Dan kom die gewilde sanger, Jakkie Louw, by die Etienne Rousseau Teater in Sasolburg kuier.

Die keer sonder sy drie pikkewyne, maar wel saam met die twee muise, Felias en Pokkel.

Dis kinderteater in poppekasstyl op sy beste! Daar is blykbaar heelwat ander karakters ook, maar Felias en Pokkel reken daar is nie genoeg plek vir almal op die plakkaat nie.

Hulle het darem so plekkie gelos vir Eeeejonkie Donkie.

Die vertoning begin om 14:00 op Saterdag, 23 Julie 2022. Kaartjies beloop R130 per persoon vir pensioenarisse en kinders onder 12 jaar en R160 per persoon vir die res.

Kom geniet ‘n vrolike middag saam met Jakkie en al die poppekaskarakters. Besprekings kan by https://www.ltickets.co.za/product/felias-en-pokkel-poppekas-deur-jakkie-louw/ gedoen word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button