EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Hier kry elke hond sy (plesierige) dag!

Kontak Elize van God’s Little Creations by 079 267 0819, of die taxi-diens by 061 544 5071, of die mobiele diens by 066 103 7109 vir ‘n afspraak en maak jou troeteldier se dag!

Om ‘n hond te skeer, is nie sommer enige werk nie. Dit vereis vakmanskap en is in werklikheid ‘n kunswerk wat diep uit ‘n mens se hart moet kom. Só sê Elize Stols, eienaar van God’s Little Creations Doggy Parlour in Blackwoodstraat 119, Drie Riviere.

Die onderneming bestaan al 10 jaar en het vinnig naam gemaak as ‘n “ware hondeparadys”.

Dit was van die begin af Elize se missie om die beste hondesalon in die dorp op te bou. Hier word diere nie vasgebind terwyl hulle geskeer word nie en badtyd (met hoëgehalte nie-allergeniese hondesjampoe) is ‘n prettige ervaring vir die diere sowel as vir die span van 10 werknemers. Almal van hulle is toegewyde diereliefhebbers met uitstekende opleiding.

Anders as by baie ander hondesalonne, is eienaars welkom om by te staan wanneer hul viervoetkinders versorg word. Van die kleinste tot die grootste honde word liefderyk vertroetel, en danksy Elize se jarelange ervaring kan sy uitstekende raad gee oor die beste “haarstyl” vir elke seisoen en elke tipe hond. Die hondesalon het ook ‘n lugreëlaar om seker te maak jou dierekind kry nie koud in die winter nie!

Diere-eienaars wat nie tyd het om hul diere self in te bring na die salon toe nie, kan gebruik maak van God’s Little Creations se taxi-diens, wat diere self by hul eienaars se huise gaan op- en aflaai. God’s Little Creations bedien ‘n wye gebied in die hele Vaaldriehoek (Vereeniging, Vanderbijlpark, Sasolburg en Meyerton, selfs tot in Vaal Marina). “Baie van die diere wat ons salon gereeld besoek, sien so daarna uit dat hulle dadelik in die taxi wil spring as ons stop,” sê Elize.

‘n Nuwe toevoeging tot God’s Little Creations se dienste is ‘n mobiele eenheid wat troeteldiere by hul eienaars se huise oral in die Vaaldriehoek kan besoek en skeer.

“Die mobiele eenheid is veral geskik vir diertjies wat maklik stres en dus rustiger by hul eie huise sal voel terwyl ons hulle bad en skeer. Ons het ‘n gas-geiser en ons eie water in die mobiele eenheid. Ons het net ‘n kragpunt by die eienaar se huis nodig, maar ons het ook ‘n kragopwekker indien dit nodig sou wees,” sê Elize.

Dit is egter nie net die vierpootkinders se uiterlike wat hier versorg word nie. God’s Little Creations is ook verskaffer en verspreiding van die hoëgehalte NutriByte Premium Pet Food, dus kan honde-eienaars seker maak dat hul diere gesond bly danksy dié bewese gebalanseerde voeding.

God’s Little Creations beskik ook oor ‘n honde-hotel waar daar met liefde na jou diere omgesien sal word gedurende vakansies of wanneer jy vir ‘n naweek sonder hulle moet weggaan.

* Kontak Elize van God’s Little Creations by 079 267 0819, of die taxi-diens by 061 544 5071, of die mobiele diens by 066 103 7109 vir ‘n afspraak en maak jou troeteldier se dag!

 

 

 

 

 

 

****************************************************************************************************************************

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button