EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Kom ontdek dié juweel van die Vaalrivier!

Liquid Lounge het tans ‘n spesiale wintersaanbod, geldig tot einde Augustus (www.liquidlounge.co.za/winter-warmer-deal). Maak gerus gebruik daarvan!

Die Vaalrivier is sonder twyfel een van die Vaaldriehoek se grootste toerisme-trekpleisters. Dis geen wonder dat die luukse restaurant-vlot, Liquid Lounge, reeds deur ondernemings en organisasies van heinde en ver ontdek is en as ‘n juweel van die Vaal beskou word nie.

Liquid Lounge is ‘n familie-onderneming wat deur die Van der Merwes bestuur word. Tydens dogter Charissa se familiebesoek aan Australië in 2002 het sy met die konsep van ‘n drywende restaurant op die Brisbane-rivier kennis gemaak. Met haar terugkoms het sy saam met Liquid Lounge se eienaars die moontlikheid ondersoek om so ‘n vlot op die Vaalrivier te bedryf. Die plan was ‘n wenner! Die eerste vlot is gebou en in 2003 te water gelaat, waar dit sedertdien as ‘n statige instelling op die mooiste dele van die Vaalrivier in die Vaaldriehoek gesien kan word.

Liquid Lounge en die personeel is toegerus om enige korporatiewe kliënt se verwagtings te oortref, ongeag of dit ‘n deftige swartpak-geleentheid of ‘n lekker informele private partytjie is. Die vriendelike, professionele personeel se doelwit is om ‘n onvergeetlike ervaring en genotvolle partytjie-atmosfeer vir hul gaste aan te bied – natuurlik saam met smullekker kos en drank. (’n Volledig ingerigte kontantkroeg is beskikbaar).

Gaste se veiligheid geniet die hoogste prioriteit. Liquid Lounge se vaartuie voldoen aan die South African Maritime Safety Association (SAMSA) se streng vereistes en word gereeld deur SAMSA-verteenwoordigers geïnspekteer.

Liquid Lounge se groot vlagskip-vlot, wat hoofsaaklik vir korporatiewe geleenthede gebruik word, kan ‘n minimum van 40 en maksimum van 120 aansit-gaste akkommodeer.

Daar word ook voorsiening gemaak vir mense wat graag die genot van ‘n ete op ‘n drywende restaurant wil ervaar, maar nie deel van ‘n korporatiewe geleentheid of privaatfunksie is nie. Hulle kan gerus Liquid Lounge se gewilde Sondagvaarte, bekend as Sweet Sundays, kom beproef. Kom ontspan saam met jou familie en vriende vir ‘n feestelike ontspanningsvaart of bespreek vir Liquid Lounge se immergewilde Sondagmiddagete met ‘n smaaklike buffetmaaltyd en lewendige vermaak aan boord.

Dan is daar ook die gewilde Privé Houseboats wat permanent op die rivier by die Emerald Resort & Casino geanker lê en ‘n ideale wegbreek bied vir ‘n familie of vriendekring van vier. Hoewel dit nie vaar nie, geniet gaste die wiegende, rustige gevoel dat jy op die water is, met die mooiste rivieruitsig waarvan mens maar kan droom. Hengelaars is welkom om hul visgerei saam te bring en van die huisboot af vis te vang. Die selfsorg-huisbote is ingerig met alle noodsaaklikhede om jou kuiertjie ‘n ware plesier te maak.

As jy graag die Vaalrivier in al sy skoonheid en rustigheid wil ervaar of ‘n prettige partytjie of werksfunksie wil beplan, is dit nou die regte tyd! Liquid Lounge het tans ‘n spesiale wintersaanbod, geldig tot einde Augustus (www.liquidlounge.co.za/winter-warmer-deal). Maak gerus gebruik daarvan!

Besoek www.liquidlounge.co.za vir meer inligting of stuur ‘n e-pos na info@liquidlounge.co.za, of kontak hulle by 083 664 3394 gedurende kantoor-ure.

 

 

 

************************************************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button