EntertainmentLifestyleNews

Michelle wil met Porselein Mossies ‘n positiewe verandering in lewens bring

Michelle Mountjoy Is Besig Met ‘n Nuwe Hoofstuk In Haar Loopbaan Nadat Sy As Wenner Van Die Gewilde Kyknet Tv Reeks “Wat Dit Vat” Gekroon Is.

Aanhangers het Michelle Mountjoy leer ken as die enkelmamma met die oulikste baba in haar video wat sy ingestuur het as oudisie vir die TV-reeks “Wat dit Vat”.  Maar sy het vinnig harte en ore gewen met haar unieke, suiwer stem, en sagte geaardheid.

Michelle is in Januarie 2022 aangewys as die wenner van “Wat dit Vat”. Deelnemers het vir byne 4 maande ‘n eksperiment deur musiekvervaardiger en kitaar-guru Loki Rothman uitgevoer, waar alledaagse mense gekies is om omskep te word in supersterre!

Nou stel sy haar tweede enkelsnit Porselein Mossies vry.

“Ek is verskriklik opgewonde vir dit wat voorlê. Ek het die voorreg gehad om by Sunset Studios my nuwe enkel snit te record en is tans besig om reg te maak om motiveringspraatjes te gee by meisieskole oor mishandeling en waar hulle hulp kan kry. Dit is net die Here wat my so ver gebring het, en ek glo vas Hy gaan my nog op ‘n baie lang journey vat waar ek my musiek en storie met ander kan deel en dalk intussen, ‘n lewe verander. Let’s do this!”

 

Porselein Mossies gaan oor die klein “mossies” wat op die telefoonlyne sit, en as jy mooi daaraan dink, luister hulle na al ons gesprekke wat ons met mekaar het.  Wat hoor die mossies nie alles nie…

Hierdie snit is nou beskikbaar op alle digitale platforms:

https://hyperfollow.com/mountjoymichelle

 

Artist Title ISRC Composer Publisher
Michelle Mountjoy Porselein Mossies QZK6Q2217542 Johan Botha Distrokid

 

Vir meer inligting kontak:

tania@tfpromosies.co.za

 

**********************************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button