Rio Sol vier 25 jaar: Geniet die spesiale aanbiedinge in September!
Kliënte word uitgenooi om Rio Sol in Orwellstraat 13, Drie Riviere, tydens hul feesmaand te besoek en gebruik te maak van die talle spesiale aanbiedinge, of bel hulle by (016) 423 3333 om te bespreek.
Rio Sol vier 25 jaar!
VEREENIGING. – Toe die bekende Cipriano-familie in 1997 die deure van Rio Sol Portuguese Restaurant in Drie Riviere oopgemaak het, het alle kosliefhebbers in die Vaal geweet dit is die begin van iets verruklik. Hulle was reg: Dié gewilde restaurant het nie net aan alle verwagtinge voldoen nie maar dit oortref!
Of jy nou Rio Sol se perfek voorbereide garnale en seekos, sappige biefstuk, hul bekende peri-peri hoender of een van hul smaaklike pizzas uit die houtvuuroond bestel, jy kan seker wees dat jy getrakteer gaan word op ‘n gehalte-maaltyd en die “Rio-ervaring van diens” waarvoor hulle so gewild is. Hulle bied ook ‘n wye reeks “draughts on tap” en “craf gins” aan en spog ook met ‘n splinternuwe wynlys.
Rio Sol vier sy 25ste verjaarsdag in September en afgesien van al die gereelde bederfies kan gaste elke week regdeur hul feesmaand selfs méér spesiale aanbiedinge verwag, soos die R25 wyn, jenewer, bier en nagereg “specials”, etebewyse, “dubbel-up” garnale elke Woensdag, asook spesiale aanbiedinge op maaltye elke eerste Donderdag van die maand!
In 2020 het die Cipriano’s die stuur oorgegee aan die bekende restaurateur, mnr. Silvio Pozzan, wat ongelukkig op 6 Junie vanjaar oorlede is en steeds met liefde deur die Rio Sol-span gemis word.
Die operasionele span, Tito, Janaurio en Zoe, wat gesamentlik meer as 60 jaar ondervinding in die restaurantbedryf het, is net so toegewyd en passievol soos die oorspronklike stigters om die beste gehalte teen billike pryse te bedien. Onder leiding van Magda Carter, opsiener van die kombuis en die span, is dit hul strewe om altyd die ekstra myl vir hul kliënte te stap.
Jy kan sê Rio Sol het na 25 jaar in die restaurantbedryf ‘n volle sirkel voltooi: Jongmense wat as babas die restaurant saam met hul ouers besoek het, vier nou hul gradeplegtighede hier. Rio Sol het die plek geword waar vriende en familie bymekaarkom om die lewe se spesiale oomblikke met heerlike kos teen bekostigbare pryse te vier. Of dit nou ‘n verlowing, ‘n huweliksherdenking of die vasmaak van groot saketransaksies is, Rio Sol het deur die jare deel geword van hierdie baie spesiale geleenthede.
Internasionale sterre soos Oprah Winfrey en Wangari Maathai, die eerste vrou uit Afrika wat die Nobelprys vir Vrede gewen het, en plaaslike sterre soos Kurt Darren en Elvis Blue het reeds dié gasvrye restaurant se heerlike kos op die proef gestel – met gloeiende resensies!
Vir besoekers se gerief het Rio Sol die afgelope twee jaar groot opknappingswerk gedoen – vanaf die parkeerarea, regdeur die hele Rio Sol Village, insluitend die lieflike nuwe dames- en mansbadkamers.
Rio Sol het die afgelope 25 jaar talle toekennings ontvang, maar wat die meeste genot aan die eienaars en bestuur gee, is dat hulle deur die jare die eerste plek in soveel van hul kliënte se harte kon inneem. “Ons kon dit nie bereik het sonder Rio Sol se wonderlike personeel nie … soos Tito Nharri wat 25 jaar gelede as ‘n skoonmaker by Rio Sol aangesluit het en nou die kombuis bestuur. Ons personeellede is die helde van die besigheid,” sê Magda Carter.
* Kliënte word uitgenooi om Rio Sol in Orwellstraat 13, Drie Riviere, tydens hul feesmaand te besoek en gebruik te maak van die talle spesiale aanbiedinge, of bel hulle by (016) 423 3333 om te bespreek. Besoek ook hul Facebook-blad vir meer inligting oor hul aanloklike spesiale aanbiedinge.



