EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Elrine Lottino is … By Die Huis!

"Ek dink dis een van die mooiste Afrikaanse liedere wat ek in ‘n lang tyd gehoor het," sê musiekvervaardiger Johan Rautenbach

Elrine Lottino, die dame met die goue stem, keer terug na haar Afrikaanse wortels en stel haar eerste enkelsnit vry!

“By Die Huis” is ‘n splinternuwe enkelsnit, wat wag om in die harte van die Afrikaanse kontemporêre musiekliefhebber in te kruip.

Hierdie snit is geskryf deur Elrine Lottino en vervaardig deur Johan Rautenbach.

“Elrine is een van die mees talentvolle sangeres-liedjieskrywers wat ek ken.
Dit was vir my ‘n groot voorreg om deel te wees van hierdie liedjie as vervaardiger.
Ek dink dis een van die mooiste Afrikaanse liedere wat ek in ‘n lang tyd gehoor het
en is opgewonde vir Elrine dat sy die kommersiële mark betree op so ‘n hoë standard.” – Johan Rautenbach, Musiek Vervaardiger.

Tydens die corona virus pandemie, her-ontdek Elrine haar passie vir sing en liedjies skryf in haar moedertaal. “Ek het teruggekeer na die plek waar alles vir my begin het as musikant, en my kreatiwiteit en passie vir sing en liedjies skryf her-ontdek. Dit voel of ek nou vir die eerste keer in ‘n lang tyd weer op ‘n goeie plek is om musiek te maak”.

“By Die Huis” is beskikbaar op alle digitale platforms, en die video ook nou op YouTube: https://youtu.be/lvwP10xUu5M 

 

 

********************************************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button