EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Skone Suhané nou ook ‘n Miss Regal-finalis

Die finale gala-aand en kroning van Miss Regal International (SA) vind op 29 Oktober vanjaar plaas.

VANDERBIJLPARK. – Suhané Bosch, ‘n 21-jarige boorling van Vanderbijlpark en huidige Mej. Vaal 2022, is onlangs gekies as een van die Top 12-finaliste in die gesogte Miss Regal International (SA) wedstryd.

Suhané, ‘n oudleerling van die Hoërskool Driehoek, hou tans ook die titel as Miss Teen SA 2022. In vorige jare het sy ook al met gesogte titels soos Mej. Tiener Gauteng en Mej. Elite SA weggestap.

Om as finalis aan vanjaar se Miss Regal International (SA) te kan deelneem, is vir haar ‘n groot eer en voorreg, en ‘n geleentheid om haar drome verder uit te leef, sê Suhané. Sy is sien baie daarna uit om die wedstryd onder die mentorskap en leiding van die wedstryddirekteur, Wayne Stafford, ‘n bekende in die mode- en skoonheidswêreld, aan te pak.

Dit is veral die welsynsprojek waarby die finaliste betrokke is, wat Suhané na aan die hart lê: People Opposing Woman Abuse (POWA) is die nie-winsgewende organisasie waarmee die Top 12-finaliste saamwerk. Hulle staan slagoffers onder andere by met die verskaffing van daaglikse, broodnodige artikels.

“Geslagsgeweld teenoor vroue en kinders het een van die oortredings met die hoogste misdaadsyfers in ons land geword. Ons ondersteun sulke slagoffers; ons staan saam en praat saam en bly nie meer stil daaroor nie. Saam kan ons ‘n verskil maak,” sê Suhané. Sy is tans ‘n Somatologiestudent in haar finale jaar.

Die finale gala-aand en kroning van Miss Regal International (SA) vind op 29 Oktober vanjaar plaas.

 

 

Die Vaaldriehoek se Suhané Bosch is onlangs verkies as een van die Top 12-finaliste in die Miss Regal International (SA) wedstryd. Foto: Tayla-Made Photography

 

******************************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button