EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Trou-ekspo, Three Rivers Lodge: Wen ontwerpersrokke van R35 000!

Gratis toegang vir 17 September se swierigste troue-ekspo van die jaar by Three Rivers Lodge!

 

DRIE RIVIERE. – Voornemende bruide, bruidsmoeders en hul vriendinne kan Saterdag, 17 September, ‘n kykie in die gesogte trou-venues van Three Rivers Lodge in die hartjie van Drie Riviere kry, wanneer die jaarlikse “Wedding Expo” aangebied word.
Die geleentheid vind Saterdag van 10:00 tot 16:00 by die lodge in Golfstraat 52, Vereeniging, plaas. Toegang is gratis!

Voornemende bruide en hul gevolg sal ‘n geleentheid kry om Three Rivers Lodge se kapél, die verskillende venues asook die beskikbare akkommodasie vir die bruidspaar en hul gaste van naderby te besigtig. Dit is ook die ideale geleentheid vir verloofdes om plaaslike verskaffers wat by alle aspekte van troues betrokke is, te ontmoet.
Onder die uitgelese uitstallers wat vanjaar deelneem, is Sheer Elegance, Royal Swan Bridal Boutique, Mariska Couture, Cocobox, Sweetly Cakes, Ruby Petals, JLR Floral, Perfect Gifts, Designs by Marius, DJ Tech en Randhart Florists. Kom vind uit hoe dié diensverskaffers en Three Rivers Lodge jou kan bystaan met die reëlings vir jou mooiste dag.

‘n Modevertoning met trourokke van topontwerpers maak ook deel van Saterdag se ekspo uit. Verskeie pryse kan gewen word! Die hoofprys ter waarde van R35 000 word geborg deur Designs by Marius en sluit in: Die bruid se trourok, ‘n rok vir die bruidsmeisie sowel as vir die ma van die bruid!

Wat jy moet doen om in aanmerking vir die prys te kom: Neem ‘n duidelike foto van jouself voor die advertensiebord van Designs by Marius by Laerskool Emfulenipark se heining in Firstraat, SE3, Vanderbijlpark en “tag” Designs by Marius sowel as Three Rivers Lodge op Facebook. (Die sluitingsdatum vir inskrywings is 16 September).
* Kontak Hailene by weddings@threeriverslodge.co.za of (016) 423 6046 vir meer inligting oor die ekspo.

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button