EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Harry’s Butchery – Wees by dié grootste feeste van die jaar!

Harry's Butchery se gewilde jaarlikse Vetvee Veiling en Boeredag word Vrydag 23 September en Saterdag 24 September gehou.

Kom kuier op 23 en 24 September 2022 saam by Harry’s Butchery se grootste, lekkerste, mees fantastiese feeste van die jaar!
Vetvee-veiling en Boeredag!

VANDERBIJLPARK. – Harry’s Butchery in Lochvaal is hierdie week ‘n miernes van bedrywigheid soos wat daar gereed gemaak word vir hul groot feeste!
Op 23 September is dit die gewilde jaarlikse Vetvee-veiling, wat boere van heinde en ver lok.
Saterdag, 24 September, is dit tyd vir die jaarlikse Boeredag met ‘n stuk of 12 van Suid-Afrika se bekendste sangers wat gaan optree. Kom bring gerus jou Erfenisdag hier deur. Maak seker jy kom kuier saam by Plot 59, Rietspruit, Lochvaal, Vanderbijlpark.

23 September:
Die Vetvee-veiling begin 12:00. Daar gaan baie boeremark-stalletjies en hope lekker kos wees! Kom kyk na die gereedskap, hangemaakte goedere en gebakte produkte wat te koop sal wees. Groot pryse is op die spel, onder andere vir die beste groep van 5 koeie, swaarste bees, swaarste skaap en swaarste vark. Kraalbesprekings kan gedoen word by (016) 940 4026.
Vanaf 18:00 tot laat is daar ‘n gratis vertoning deur Ricky Faber, Andries Botha en Piet Pompies!

24 September:
Die hekke vir die Harry’s Boeredag en “live show” open 10:00 die oggend. Kom luister die hele dag na topkunstenaars soos Nadine, Gerhard Steyn, Ray Dylan, Robbie Wessels, Austin, Dusty Dixon, Biggy, Lee Magnum en ander. Bespreek nou vir die “early bird special” teen R200 per persoon. Koop aanlyn by Quicket: https://qkt.io/JPRDJJ
Kaartjies sal ook op 24 September by Die Veiling Pub se deure beskikbaar wees teen R250 per persoon. VIP-kaartjies kos R500 per persoon.
Kinders onder 12 jaar kom GRATIS – Let wel, hulle het nie ‘n sitplek nie. Bespreek nou by (016) 987 5062.

 

 

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button