EntertainmentLocal newsNewsNews

Cinderella ballet op ABBA se musiek

ABBA aanhangers en ballet aanhangers word saamgesnoer in hierdie unieke weergawe van Cinderella

SASOLBURG. – ‘n Ekstra-spesiale lekkerte wag vir teatergangers op 16 Oktober 2022.

Die bekende verhaal van Cinderella en haar vreeslike stiefsusters word vertel deur middel van ballet op maat van ABBA se immergewilde treffers.

Mzansi Ballet bring The ABBA Show – A Cinderella Story na die Etienne Rousseau Teater vir slegs een vertoning.

Hierdie middagvertoning moenie misgeloop word nie. Die storie, die kostuums, die musiek beloof alles om teatergangers na unieke wêreld weg te voer. Vergeet van jou sorge, kom verkyk jou aan die beste van Suid-Afrika se balletdansers terwyl hul die besonderse storie vertel met van ABBA se beste treffers soos Mamma Mia, Dancing Queen, Money Money Money en I have a dream.

Mzansi Ballet nooi almal om in hul beste ABBA kostuums op te daag en die kans te staan om as besgeklede by die bal gekroon te word.

Kaartjies beloop R180 per persoon. Skoliere en pensioenarisse betaal slegs R150 per persoon. Kaartjies is beskikbaar by www.ertickets.com. Die vertoning begin om 14:00 op 16 Oktober 2022.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button