Uit my pen – Die week in Vaalweekblad
Kyk wat kan jul die week in die Vaalweekblad lees
Die tweede laaste Vaalweekblad vir 2022 is van 14 Desember te koop. Maak kennis met Leomand Jacobs (8) wat opslae maak in die gholfwêreld.
Ons wens Monique Taylor geluk met haar nuwe skoonheidstitel en lees meer oor Skitterland kleuterskool se skitterkonsenrt.
Bertie en Sonia Visser het geen bekendstelling nodig nie. Die oudhoof van Transvalia en sy vrou het vir 36 jaar ‘n groot impak op die Vaal en sy mense gehad. Ek het met hul gaan gesels net voor hul groot trek Pretoria toe.
In my rubriek, Ek sê maar net, vertel ek hoekom ek vir ‘n paar dae met seer beenspiere geloop het.
Daar is natuurlik veel meer meer nuus, staaltjies en die blokraai, maar ek kan nie daarop uitbrei nie, want ek het dit nie geskryf nie.
Groetnis van huis tot huis.
